Besigheidsgeleentheid

atMalmesbury soek ’n persoon wat belangstel om die webwerf uit te brei en te bemark. Op die oomblik doen ons die webwerf gratis en advertensies en berigte word gratis geplaas. Die rede hiervoor is dat ons nie aktief besig is om die webwerf te bemark nie.

Daar is wel potensiaal wat daaruit ontsluit kan word, MAAR belangstellendes sal moet bereid wees om vir ’n tyd gratis te werk om dit te promoveer. Die webwerf kry reeds daagliks sowat 200 – 250 gebruikers wat meestal uit duisende Google soektogte per maand bestaan.

Jou taak sal dus wees om die algemene man op straat te kry om die webwerf daagliks te gebruik en aan almal bekend te maak. Hierdie proses neem egter tyd.

Indien jy belangstel om ’n besigheid te begin sonder enige finansiële bydrae, mag dit ’n opsie vir jou wees. Jou bydrae sal jou tyd wees. Hierdie is NIE vir iemand wat DADELIK ’n inkomste verlang nie.

Alle webwerf opleiding sal verskaf word. Al wat jy nodig het, is om Word/Outlook te kan gebruik en die belangrikste is dat jy bereid is om self besighede te besoek. Ons soek meer ’n bemarkings/media persoon as ’n IT persoon. Alle tegniese aspekte sal deur ons hanteer word.

Vir belangstellendes email asb. na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Malmesbury Advertising