Reviews (2)RSS
by

★★★★★
Mr and Mrs.
Impossible to improve anything! From the beautiful setting, furniture,white linen,ambiance,cosy fireplace, freshly baked bread and wine on arrival. 5 STAR is an understatement.
by

★★★★★
Mev
Tussen die Paarl en Malmesbury neem ‘n pragtige plaaspad ons deur lowergroen velde en landerye tot by ‘n statige, afgewitte tipiese ou-kaapse-voorkoms gepleisterde pilaar plaas- ingang. Bestemming bereik. Ons was op Dassenheuwel. Vir die tweede keer in ons lewe. Dit voel soos ‘n ware tuiskoms. Lieflike ou-wereldse opstal , eende-dam, laventel-lanings wat enige fransman na sy asem sal laat snak, pragte rooibruin(my man se angus) bees-kudde , ontelbare skape en natuurlik die water-spanjoel honde. Weereens, dit voel soos tuiskoms. Skoon vergete is ons eie stads-opstal(spanjoele inkluis) in die vaal ou transvaal. (lente kom eers later in volle swang op die hoeveld) Die keer word my liewe eggenoot en ek deur Cobus en Lida Lesch getrakteer in hul pragtige gastehuis. Soveel stilte, vrede, spasie en bederf het ons lanklaas te beurt geval en ons bad letterlik tydig en ontydig daarin. Die lekkerste van alles: ons doen (en doen nie) als teen ons eie pas. Volop vars plaas-proviant in kombuis, spa-grootte bad vir twee(selfs vier of meer as onder 12) en oupa en ouma se nolstagiese linnevou-kaste. Als handgekeur deur ons gasheer en –dame. Ons ken mekaar al lankal en kuier oor ‘n glasie swartland wyn, ”inn-house raised” lam en tuisgebakte brood. Geen wonder dat ons tot nou onlangs veg vir hierdie stuk land nie. As afronding vir die skouspelagte Namakwalandse blommerit, was die vroee lente in die Boland lafenis vir ons siele.
Dis jammer dat ‘n geskryf nie reg kan laat geskied aan die pragtige Bolandse aksent van sy inwoners en aan die hartlike liefde en gasvryheid van die span by Dassenheuwel nie, maar een ding wat ons saam met ons teruggebring het na die ou Transvaal is ‘n opregte, onopgesmukte, nostalgiese verlange om terug te gaan na Dassenheuwel en sy pragtige uitsig oor die landskap van Riebeeck-Wes tot by Tafelberg. Die gesig van swerms wilde makoue en kolganse spook by ons, en roep ons terug na die mooiste gasteplaas in die swartland. Dassenheuwel… hier kom ons…

Submit review See all 2 reviews

Malmesbury Advertising